Laaste kans om jou gunsteling besighede te nomineer
Nominasies sluit vandag om middernag.

Nominasies vir vanjaar se Best of Parys Readers’ Choice toekennings sluit vandag (2 Junie) om middernag.
Vandag is dus jou laaste kans om jou gunsteling besighede in Parys te nomineer wat na jou mening uitstaan as dit kom by uitstaande diens en kliëntetevredenheid.
Of dit nou ‘n motorwas onderneming, geskenkwinkel, restaurant, loodgieter, finansiële adviseur of salon is. Noem maar op – daar is talle besighede wat met toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering nie net Parys se ekonomiese wiele aan die gang hou nie, maar keer op keer beïndruk en uitstaan as die beste.
Laat jou stem hoor met nominasies vir ons plaaslike besighede om met hierdie positiewe dryfkrag, erkenning te gee aan sakelui wat ten spyte van uitdagende ekonomiese tye steeds die ekstra myl loop vir kliëntediens.
So nomineer jy besighede :
* Gaan na https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-best-of-parys/ en voltooi die aanlyn nominasie vorm.
* Of skandeer die QR-kode hieronder met jou selfoon se kamerafunksie oop op jou selfoon.

Slegs digitale nominasies word aanvaar.
So werk nominasies:
* Jy kan besighede in verskeie kategorieë nomineer.
* Jy kan ook meer as een besigheid in ‘n kategorie nomineer.
* Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.
* Die wenners sal dan by ‘n spog geleentheid aangewys word.
Hoe werk die proses verder?
Gedurende Julie sal ‘n spesiale bylaag vir Best of Parys Readers’ Choice 2025 uitgebring word waarna stemlyne oopgemaak sal word. Hou die Gazette se Facebook-blad dop vir aankondigings vir die datums.




