Local newsNews

Eerste sooi gespit vir NWU mediese skool

Die ultramoderne fasiliteit sal na verwagting in 2027 voltooi wees

Prof. Bismark Tyobeka, rektor en visekanselier van die Noordwes-Universiteit het op 3 Junie die eerste sooi gespit  op die bouperseel van die NWU Desmond Tutu Mediese Skool, op die Potchefstroom-kampus.  Met dié simboliese gebaar het konstruksie van die land se 11de mediese skool amptelik begin met die eerste groep studente wat in 2028 na verwagting sal inskryf.

Met hierdie mylpaal slaan die NWU ‘n beslissende koers in om die kritieke tekort aan mediese praktisyns in die Noordwes-provinsie en regoor die land aan te spreek. Dit dui ook op die begin van ’n reis waarin die universiteit nuwe grense in mediese opleiding gaan verken.

Die ultramoderne fasiliteit, wat beplan is om in 2027 voltooi te wees, sal dien as ’n vlagskip-akademiese en intellektuele spilpunt by die universiteit. Dit sal die grondslagjare van mediese opleiding huisves, en uiteindelik uitbrei om kliniese platforms by Tshepong- en Klerksdorp-hospitale in te sluit.

“Dit is hier waar ons die verstand en karakter van toekomstige geneesheers sal vorm – individue wat groot verantwoordelikhede met waardigheid, wetenskaplike uitnemendheid en ’n onwrikbare toewyding tot diens sal dra,” het prof. Tyobeka gesê/

Hy het sy dank uitgespreek teenoor die universiteit se regeringsvennote, regulatoriese liggame, die Aartsbiskop Desmond Tutu IP Trust en plaaslike gemeenskapsleierskap, wie se leiding, ondersteuning en vertroue in die NWU se visie van deurslaggewende belang was.

“Dit is nie bloot ’n infrastruktuurprojek nie,” het hy afgesluit.

“Dit is ’n belofte aan toekomstige geslagte – ’n verbintenis om op te lei, te genees en op te hef. Soos ons vandag die grond breek, laat ons dit met doelgerigtheid doen. En laat ons altyd met deernis dien. Dankie, en mag die Almagtige hierdie onderneming en almal wat daartoe bydra, seën,” het hy afgesluit.

T

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button