Huiseienaar se ontvoerders nog soek
Die polisie het die gemeenskap gevra om met inligting na vore te kom.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom en te help met die opsporing van die verdagtes wat betrokke was by ’n huisroof- en ontvoeringsvoorval in Refengkgotso, Deneysville.
Daar word beweer dat vier verdagtes, gewapen met vuurwapens,Saterdag in die vroeë oggendure toegang tot ‘n woning gekry het, en selfone geëis het. Die 37-jarige huiseienaar is tydens die voorval ontvoer maar os ;agter om Villiers afgelaai na
Daar is verder beweer dat die slagoffer later in Villiers afgelaai ná hy aangerand is.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om speur Sipho Nale te kontak by 062 487 0689, of Crime Stop te skakel by 08600 10111. Jy kan oook ‘n anonieme wenk deurgee via die MySapsApp.



