Local newsNews

Hoof finansiële beampte vir Ngwathe aangestel

Hy is in die pos aangestel nadat die werwingsproses  vir die vakature van Hoof Finansiële Beampte voltooi is.

Serame Phetoane is met ingang 2 Junie aangestel as die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se Hoof Finansiële Beampte.

Phetoane het  in Januarie diens by Ngwathe aanvaar as finansiële bestuurder, en het daarna van Februarie tot Mei waargeneem as die munisipalieit se Hoof Finansiële Beampte.

Hy is in die pos aangestel nadat die werwingsproses  vir die vakature van Hoof Finansiële Beampte voltooi is.

Serame Phetoane

Phetoane was voorheen verbonde aan die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit as interne ouditeur, asook by die Vrystaatse Provinsiale Tesourie as adjunkdirekteur, en by die ouditeur-generaal as oudit-assistent.

Daarbenewens was hy ook interne ouditeur by die Mohokane Plaaslike Munisipaliteit, senior staatsrekenmeester by die departement van verdediging, en assistent rekenmeester by AngloGold.

Phetoane het ‘n B.Com Honneursgraad en B.Com-graad in rekeningkunde, asook ‘n sertifikaat in die Municipal Finance Management Programme (MFMP) -‘n kwalifikasie wat spesifiek daarop gemik is om vaardighede op te skerp vir finansiële bestuurspraktisyns by Suid-Afrikaanse munisipaliteite.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button