JP de Villiers is deur die DA aangewys as sy gekose proporsionele kandidaat op die Ngwathe Raad in die plek van rdl. Arnold Schoonwinkel wat in April, enkele dae na sy 81ste verjaardag, oorlede is. Die aanstellling is deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bevestig.
JP is oorspronklik van Bethlehem, en is sedert 2022 ‘n inwoner van Parys.
Hy is tans een van die jongste raadslede op die Ngwathe Raad.
JP het ‘n passie vir plaaslike regering. Sy visie is om diensbaar te wees in die gemeenskap, maar ook in die ander Ngwathe dorpe wat deur die munisipaliteit bedien word, as skakel tussen die gemeenskap en die munisipaliteit om dienslewering te verbeter tot voordeel van inwoners, plaaslike ekonomie en toerisme.




