Local newsNews

Blue Bird het sy laaste ry gery

Deel met ons jou busry-staaltjies uit jou skooldae.

Na baie jare van getroue diens – uitstappies, sportdae, sing op die agterste sitplekke van die bus en hope herinneringe het Hoërskool Parys se skoolbus, wat heel gepas Blue Bird gedoop is, sy laaste ry gery en gaan hy amptelik aftree.

Ou Blue Bird is nie meer padwaardig nie, maar dis dalk nog lank nie die einde van sy storie nie. Die skool het nou sy leeerders gevra om met voorstelle vorendag te kom vir wat met ou Blue Bird gedoen kan word om hom steeds ‘n deel van Hoërskool Parys te hou.

Daar is selfs prysgeld op die spel vir die mees kreatiewe idee vir Blue Bird se toekoms.

Skoolbusse is so ‘n deel van ons skole en kan elkeen van ons ‘n hele paar staaltjies vertel van ‘n skoolbus-rit. Deel met ons jou busrit-onthou uit jou skooldae in die kommentaar onderaan die berig of stuur e-pos na gazettenuus@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button