Harte oop vir viervoet-nood
Donasies vir die DBV kan by hul perseel in die nywerheidsgebied van Parys of by die SPCA Charity Shop afgegee word.
Haar passie vir diere het Aqua-Win se Anja Bornman gemotiveer om met ‘n plan vorendag te kom om die plaaslike DBV te help met kos vir die diere in die DBV se sorg.
Kliënte kon gedurende Mei ‘n donasie of geldelike skenking gee vir die DBV, en is die poging baie goed ondersteun.
Boonop het Coenraad de Jager van Aqua-Win aangebied om 10 sent vir elke liter water wat gedurende Mei vir kliënte getap is, aan die DBV te skenk. Sodoende kon benewens die honde- en katkos wat Maandag oorhandig is, ‘n geldelike skenking van R4 057,30 aan die DBV gemaak word.
Volgens Shadrack Mfishane, veldwerker van die DBV, is daar voortdurende nood vir katkos en hondekos vir klein , sowel as volwasse honde en katte. Tans is daar 15 katte en 11 honde in die DBV se sorg.
Komberse, waspoeier vir die beddegoed, ontsmetmiddels soos Jayes Fluid, en besems om die hokke te skrop. is ook baie nodig.
Donasies kan by die DBV in Parys se nywerheidsgebied afgegee word.




