Local newsNews

Ysige koue kom vir die naweek

Lae maksimum temperature kan vir die naweek verwag word en het die weerdiens verskeie waarskuwings uitgereik.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het weer gewaarsku teen sterk wind wat die Wes-kaap, Noord-Kaap, die Vrystaat en Noordwes môre sal tref. Dit verhoog die brandgevaar en is mense weer gewaarsku om nie oop vure te maak nie.

Vrydag het ‘n  verwoestende veldbrand in die Fochville-distrik die lewe van ‘n man ge-eis terwyl groot skade  ook gister weens ‘n brand by Smilin Thru net buite Parys aangerig is.

Ysige temperature word voorspel met ‘n kouefront  wat die Vrystaat, Wes- en Noord-Kaap sal laat bibber met minimum  temperature wat tot onder vriespunt sal daal. Parys sal onder meer Vrydag ‘n bibberende 13 grade Celsius maksimum temperatuur hê en ‘n minimum van -3 grade Celsius.

Hoewel temperature effens sal styg Saterdag, kan jy maar die kaggelvuur aansteek en jou jas toeknoop – klappertand koue is hier.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button