Vlerke klap weer vir dié lugatlete
Die eerste vlugte is reeds vanaf Bloemfontein en Reddersvlug gevlieg en kon Legends klublede spog met uitstekende posisie en resultate veral in die gekombineerde vlugte
Sodra die winterkoue kom, is dit tyd vir duiwewedvlugte om in alle erns te begin. Wedvlugte begin einde Mei, en strek oor vier maande.Maar om dié sport te beoefen verg toewyding, en soos met elke goeie atleet is voorbereiding en die regte dieet deel van die resep tot sukses.
Ses weke voor die vliegseisoen begin, word die duiwe sowat 10 km van hul huis losgelaat om terug te vlieg. Daarna elke keer ‘n bietjie verder. Met die loslaat word die duiwe in alle rigtings gelos om weer hul huis te kry.
Duiwe word vandat hulle gespeen is op ‘n broeimengsel geplaas om goeie bou te bevorder. Alle vlugduiwe word ook geënt teen moontlike siektes. Slegs duiwe wat topfiks is, word vir die wedvlug ingskryf.
Plaaslike Legends Duiweklub-lede se uitslae vir die Bloemfontein 1 Jaaroud-vlug wat op 7 Junie gevlieg is, het so gelyk:
Aspeling-hokke – 1ste, 2de, 13de, 21ste
Nolllie Meintjies – 3de, 12de, 14de, 18de, 25ste, 29ste
Bernard Vermeulen – 4de, 5de, 17de, 19de, 27ste, 28ste, 30ste
Sys van Rooyen-hokke – 6de, 9de, 20ste, 22ste, 26ste
Aspeling-hokke 7de, 8ste, 10de
Maree-hokke – 11de, 15de, 16de, 23ste, 24ste
Bloemfontein 2 Ope (7 Junie)
Aspeling-hokke – 1ste, 2de, 5de, 7de, 8ste 14de, 17de, 22ste
Nollie Meintjies – 3de, 13de, 24ste, 30ste
Sys van Rooyen-hokke – 4de , 6de, 12de, 18de, 21ste, 25ste, 26ste, 27ste, 28ste
UJDUR-hokke – 9de, 29ste
Maarten Pieterse – 10de
Maree-hokke – 11de, 16de, 23ste
Bernard Vermeulen – 15de, 19de, 20ste
Bloemfontein 3 Jaaroud (14 Junie)
Maree-hokke – 1ste, 3de, 7de, 9de, 10de, 15de 16de, 18de, 20ste, 29ste
Bernard Vermeulen – 2de, 4de, 5de, 6de, 13de, 14de, 25ste
Sys van Rooyen-hokke 8ste, 21ste, 22ste, 23ste, 24ste
Aspeling-hokke – 11de, 30ste
Nollie Meintjies – 12de, 27ste
Maarten Pieterse – 17de, 28ste
UJDUR – 19de, 26ste
Met die uitslae wen Maree-hokke die gekombineerde vlug waar nagenoeg 4 000 duiwe losgelaat is. Sy wenduif vlieg voor met ‘n minuut en enkele sekondes. ‘n Skitterende prestasie vir hom. Die Bloemfontein 3 Jaaroud-vlug het ook aan al die Legends klublede ‘n goeie plek in die gekombineerde vlug gegee.
Bloemfontein 4 Ope (14 Junie)
Maarten Pieterse – 1ste, 14de, 18de, 19de, 20ste, 28ste
Bernard Vermeulen – 2de, 3de, 4de, 15de, 16de
Aspelling-hokke – 5de, 6de, 7de, 8ste, 21ste, 22ste, 30ste
UJDUR-hokke -9de, 24ste
Nollie Meintjies – 10de, 11de, 23ste, 27ste
Sys van Rooyen-hokke – 12de, 13de, 26ste
Maree-hokke – 17de, 25ste, 29ste
Maarten Pieterse se prestasies in dié vlug het vir hom n sewende plek gegee in die gekombineerde ope-vlug.
Reddersburg Ope (21 Junie)
Maree-hokke – 1ste, 2de, 15de, 19de, 20ste, 29ste, 30ste
Bernard Vemeulen – 3de, 4de, 10de, 17de, 18de
Nollie Meintjies – 5de, 6de, 16de, 27ste
Sys van Rooyen-hokke – 7de, 25ste
MJ Lofts – 8ste, 9de, 23ste 24ste, 28ste
UJDUR-hokke – 11de, 12de, 13de
Aspeling-hokke – 14de, 21ste 22ste, 26ste
Reddersburg Jaaroud (21 Junie)
Maree-hokke – 1ste, 2de, 5de, 6de, 13de, 17de, 20ste, 23ste, 28ste
Bernard Vemeulen – 3de, 7dem 8ste, 12de, 22ste, 27ste
Aspeling-hokke – 4de, 14de, 15de, 16de, 25ste, 26ste, 29ste
MJ Lofts – 9de
Sys van Rooyen-hokke – 10de, 11de, 18de, 19de, 21ste, 30ste
Nollie Meintjies – 24ste



