Local newsNews

Taakspan kyk na oplossings vir krisis met rondloper vee

Dit is belangrik dat mense rondloper vee langs paaie sal rapporteer sodat 'n databasis deur die taakspan saamgestel kan word met die oog om oplossings vir die probleem te kry.

Die Fezile Dabi Stray Animal Task Group is reeds ‘n geruime tyd besig om te kyk na moontlike oplossings vir die groeiende probleem van rondloper vee op paaie.

Met Virginia wat die naaste munsipale skut aan Parys bring dit groot koste en logistieke probleme om die vee by die skut te kry.

Hoe groot die omvang van die probleem is, is verlede week gesien toe die Ngwathe Brandweer- en Nooddiens se Toyota Land Cruiser beskadig, en twee personeellede beseer is toe die noodvoertuig ‘n bees op die R59 net buite Vredefort getref het. Die voertuig was onderweg na ‘n huisbrand in die Mokwallo-woonbuurt.

Peet Swanepoel, voorsitter van die taakspan het die publiek aangemoedig om duidelike foto’s en veral brandmerke op vee, sou daar wees, asook ‘n ligging verwysing (pin drop) te WhatsApp na 076 583 8649 sou jy rondloper vee sonder toesig langs paaie opmerk. Sodoende kan ‘n databasis deur die taakspan saamgestel word.

Die taakspan gaam kyk na die vestiging van munisipale skuts in die hele Fezile Dabi-distrik, en sal saam met vee-eienaars moontlik oplossings oorweeg om die probleem aan te spreek. n Moontlikheid is glim oorplaatjies wat vee makliker sigbaar sal maak vir motoriste, veral saans, sê Swanepoel.

Danksy die borgskap van Vrystaat Landbou en OVK is ‘n handleiding ook saamgestel met onder meer toepaslike wetgewing, en n verduideliking van die noodsaaklikheid van die brandmerk van vee. Die handleiding sal versprei word onder vee-eienaars as deel van ‘n bewusmakingsveldtog.

Verskeie rolspelers vorm deel van die Fezile Dabi Stray Animal Task Group. Dit sluit in die SAPD, verkeer, die DBV, vee-eienaars, landbou en RIMS.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button