Local newsNews

Jou voorruit beskerm jou meer as wat jy dink

Suid-Afrikaanse wetgewing dit verbied om met ’n voorruit te bestuur wat sigbaarheid belemmer. Krake groter as 150 mm of binne die bestuurder se sigveld sal nie ’n padwaardigheidstoets slaag nie.

Jou motor se voorruit is veel meer as net ‘n stuk glas. In ‘n botsing reg van voor bied jou voorruit tot 30% van die voertuig se strukturele integriteit.  Benewens sigbaarheid, verseker ’n voorruit ook korrekte lugsakontplooiing en ondersteun dit die dak sou die motor tydens ‘n botsing rol, sê Johann van der Merwe, voorsitter van die Tyre, Equipment, Parts Association (TEPA)

“Gelamineerde glas, wat in die 1990’s bekend geraak het, was ’n keerpunt in voorruitkwaliteit omdat dit nie met impak versplinter nie. Die binneste laag hou die fragmente in plek, wat veiligheid met botsings drasties verbeter,” sê Van de Merwe.

“Gelukkig is die dae van eenvoudige geharde glas verby. Vandag se voorruite bevat ADAS – Advanced Driver Assistance Systems – wat die bestuurder waarsku teen gevare, soos om baanposisie te behou, hoofligte aan te pas en help met noodremming. Die voorruit het ’n belangrike platform vir hierdie lewensreddende stelsels geword.”

Met die toename in bekostigbare ingevoerde voertuie, kan ons verwag om meer ADAS, biometriese sensors en selfs elektrochromiese glas te sien wat outomaties van tint verander. Sommige vervaardigers ondersoek selfs sonpanele wat in die voorruit geïntegreer is, sê Van der Merwe.

Selfs geringe skade op jou motor se voorruit kan die strukturele integriteit van ’n voorruit verswak, waarsku Van de Merwe. Dit mag kosmeties lyk, maar onder druk – soos van ’n slaggat of spoedhobbel – kan die kraak versprei en die voorruit laat bars.

Agt wenke vir voorruitversorging:

  1. Moenie warm lug op ’n koue voorruit blaas nie.

  2. Vermy die toeslaan van deure terwyl vensters toe is.

  3. Herstel krake en merke op jou voorruit  – hulle versprei vinnig.

  4. Parkeer in die skadu waar moontlik.

  5. Gebruik sagte ruitveërs en hou ruitwasvloeistof vol.

  6. As ’nmerk op jou voorruit kleiner as ’n 10c-munt is en nie in die bestuurder se sigveld is nie, kan dit moontlik herstel word. Krake naby die rand vereis meestal volle vervanging.

  7. Gebruik altyd ’n geakkrediteerde glas-installasiesentrum waar SABS-goedgekeurde glas gebruik word en opgeleide tegnici die werk doen.

  8. ADAS-kameras vereis presiese hoeke. Wanneer die voorruit vervang word, moet die stelsel gekalibreer word – anders kan dit afstande of baanmerke verkeerd lees, wat ’n verhoogde ongelukrisiko inhou en moontlike versekeringseise kan beïnvloed.

“Wat belangrik is, is dat baie daarvan afhang hoe jou voorruit instand gehou en vervang word. Verkeerde installasie, swak gehalte glas en ’n gebrek aan kalibrasie kan al die veiligheidstegnologie in jou voertuig nutteloos maak.

Neem 30 sekondes om elke keer wanneer jy brandstof in gooi, jou voorruit vinnig te inspekteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button