Local newsNews

Vermeulen-duiwe kraai koning in die kortpad-vlugte

Bernard Vermeulen is een van die nuwelinge van die klub, maar het die meer ervare manne vroeg al gewys dat hulle hom nie buite rekening moet laat nie. Die kortpad-vlugte het 'n hele paar verrassings opgelewer.

Nuweling Bernard Vermeulen het soos verwag verlede naweek na die Smithfield-vlugte weggestap met die kortpad kampioen-kroon vir beide die ope- en jaaroud-vlugte. Hy beklink so die algehele Kortpad-kampioenstryd in sy guns met ‘n totaal van 331 punte. Johan Aspeling eindig tweede op die puntetabel vir die kortpad-vlugte met 299 punte, en Nollie Meintjies derde met ‘n totaal van 292 punte.

Maree-hokke volg in die vierde plek met 288 punte. Sys van Rooeyn is vyfde met 279 punte, MJ Lofts sesde met 216 punte, en UJDUR-hokke sewende met 88 punte.

Met die naweek se Smithfield-ope-vlug oor 351km het Vermeulen se wenduif ingeklok op 13:09:10. Daar was net ‘n minuut verskil tussen die wenner en naaswenner, en eindig Nollie Meintjies se duif in die tweede plek. ‘n Trotse prestasie vir Nollie en sy skoonseun.

Die volledige Smithfield ope-uitslae het so gelyk:
Bernard Vermeulen – 1ste, 10de, 16de, 18de, 25ste
Nollie Meintjies – 2de, 6de, 17de, 29ste, 30ste
Sys van Rooyen-hokke – 3de, 5de, 15de, 21ste, 23ste, 26ste
Aspeling-hokke – 4de, 7de, 13de, 19de, 22ste
Maree-hokke – 8ste, 9de, 11de, 14de, 24ste, 27ste
MJ Lofts – 12de, 28ste
UJDUR-hokke – 20ste
Smithfield Jaaroud-vlug
Bernard Vermeulen – 1ste, 3de, 9de, 14de, 16de, 20ste
Aspeling-hokke – 2de, 12de
MJ Lofts – 4de, 26ste
Maree-hokke – 5de, 11de, 17de, 18de, 22ste, 23ste, 24ste, 27ste, 28ste, 29ste
Nollie Meintjies – 6de, 7de, 8ste, 19de, 21ste, 25ste
Sys van Rooyen-hokke – 10de, 13de, 15de, 30ste
Winburg 2 Sprint:
Bernard Vermeulen – 1ste, 2de, 6de, 21ste, 24ste, 27ste
MJ Lofts – 3de, 22ste, 25ste, 26ste, 28ste, 29ste, 30ste
Nollie Meintjies – 4de, 5de, 13de, 16de, 17de, 20ste
Aspeling-hokke – 7de, 8ste, 9de, 14de, 15de
Maree-hokke – 10de, 11de, 12de
UJDUR-hokke – 18de, 19de
Sys van Rooyen-hokke – 23ste

Lede van die Legends wedvlugduiwe-klub verlede Donderdagaand toe die duiwe in die mandjies gesit is vir die Smithflield-kragmeting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button