Soektog na vermiste 21-jarige duur voort
Die 21-jarige Ntokozo Mfundo Miya, isdie laaste keer op 30 Junie gesien.
Die Frankfortse polisie het die hulp van die publiek gevra in die soektog na die 21-jarige Ntokozo Mfundo Miya, wat die laaste keer op 30 Junie om ongeveer 10:30 gesien is by sy huis in Butayi Section in Namahadi, Frankfort.
Hy het ‘n swart sweetpak en grys skoene gedra toe hy die laaste keer gesien is.
Volgens kaptein Loraine Earle het selfs die polisiesoektog by ‘n nabygeleë rivier en dam, nog niks opgelewer nie.

Enigeen wat inligting het oor waar Ntokozo hom moontlik mag bevind of hom gesien het, is gevra om speurder-sersant Zandisile Johannes Tshoko te skakel by 061 597 0321, of om die inligting deur te gee aan hul naaste polisiestasie. Die Stop Misdaadnommer kan ook geskakel word by 08600 10111. Inligting kan anoniem gegee word.




