Local newsNews

Kollegas na meer as ‘n week steeds soek

Leidrade wat opgevolg is het tot dusver nog geen positiewe resultate opgelewer nie, en vra die polisie dat die gemeenskap sal help met inligting wat moontlik kan help om die mans op te spoor.

‘n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur na twee mans, Christiaan van Blerk (34) en Donovan van der Walt (25) wat op 14 Julie die laaste keer by hul werksplek by Afrikaner Plot in Wesselstraat, Meiringspark, Klerksdorp, gesien is.

Die twee kollegas  het die werksperseel verlaat in ’n wit Toyota Hilux Raider-bakkie met registrasienommer KWF254NW, om onderdele in Klerksdorp Industria te gaan haal. Hulle het nooit teruggekeer nie.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Adéle Myburgh, het leidrade wat opgevolg is nog geen positiewe resultate opgelewer nie.

Christiaan is skraal met lang bruin hare, bruin oë en is ongeveer 1,8 m lank. Hy het ’n litteken op sy regterwant, ’n tatoeëermerk van ’n kruis op sy boarm en ’n hoefyster-tatoeëermerk op sy bobeen.

Donovan is ook skraal met bruin hare, ligblou oë, ’n swart snor en baard (ongeskeer) en is ongeveer 1,6 m lank. Hy het verskeie tatoeëermerke op sy lyf, insluitend ’n leeu-tatoeëermerk op sy linkerarm/hand.

Op die foto’s is Christiaan van Blerk en Donovan van der Walt, asook ‘n foto van die voertuig waarmee hulle gery het toe hulle die laaste keer gesien is.

Enigiemand met inligting oor waar hulle hul moontlik kan bevind, is gevra om adjudant-offisier Louis Harmse van die Klerksdorp Speur-tak te skakel by  083 607 1395, of die SAPD se Stop Misdaadnommer by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook deur die MySAPS-toepassing op jou slimfoon gedeel word.

Voorvalle rakende afpersing kan aangemeld word by die Afpersing-noodlyn by 080 091 1011.

Foto’s van Christiaan van Blerk, Donovan van der Walt en die voertuig waarin hulle gery het, is hierby aangeheg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button