Local newsNews

Dis maak of breek vandag vir Parys se o.14’s

Parys hou styf duim vas vir julle - bring die beker huis toe!

Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan speel vandag (Saterdag 26 Julie) om 08:00  in die Valke Afdeling 4-finaal teen Hoërskool Voortrekker op Hans Moore in Benoni se velde.

Die Parys-span het tot dusver die seisoen uitstekend gevaar. In hul segetog tot by die semi-finaal wen hulle Suiderlig (81-0),  Belvedere (73-0), Heilbron (61-0), Afrikaans Hoër Sasolburg (72-0), Panorama (50-3) en Anker (67-0). Parys verloor slegs hul wedstryd teen Voortrekker (7-8).

In die semi-finaal verslaan hulle Panorama met 41-0.

Dit beteken dat die span alreeds die seisoen 452 punte aangeteken het en slegs 11 punte moes afstaan.

Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button