Local newsNews

Nuwe inisiatief om toesig te hou oor plaaslike regering verwelkom

Vrystaat Landbou het ook weer beklemtoon dat die organisasie deur sy plaaslike boereverenigings daartoe verbind bly om aktief met plaaslike regerings te skakel en die toesigkomitee waar moontlik te ondersteun om die groeiende munisipale krisis aan te spreek, 

Die landbougemeenskap is meer blootgestel aan die gevolge van munisipale ineenstorting as meeste ander bedrywe. Terwyl ander besighede en individue kan verskuif, is boerderybedrywighede gekoppel aan hul geografiese ligging. Dit maak die landbousektor  afhanklik van ‘n funksionerende plaaslike regering.

Ongelukkig ly landelike gemeenskappe lank onder ineenstortende dienste en infrastruktuur op plaaslike regeringsvlak, wat armoede vererger en die ekonomiese lewensvatbaarheid van landelike Suid-Afrika ondermyn, sê Friedl von Maltitz, vise-president van Vrystaat Landbou (VL). Die organisasie het daarom die parlement se COGTA-komitee aankondiging om ‘n nuwe toesigmodel vir munisipaliteite in die Vrystaat te loods, verwelkom.

Die parlement se aankondiging volg op ‘n verdoemende verslag deur die Ouditeur-Generaal in 2024, wat ernstige munisipale finansiële wanbestuur in die Vrystaat blootgelê het. Die verslag het 16 munisipaliteite met onbefondsde begrotings, meer as R4.2 miljard in ongemagtigde
uitgawes, herhaalde ouditmenings met vrywaring en wydverspreide versuim om finansiële state betyds in te dien, aan die lig gebring.

“Munisipale diensineenstorting begin met swak finansiële bestuur. Dit is  tyd dat die nasionale regering plaaslike regering aanspreeklik hou. Plaaslike munisipaliteite het té lank straffeloos gewerk en gemeenskappe vernietig sonder om die gevolge te dra,” het von Maltitz gesê.

Hy sê die haglike toestand van munisipale paaie, nie-funksionele brandstasies, waterbesoedeling, rioolbehandelingsprobleme, verswakkende waterinfrastruktuur en onbetaalde Eskom-rekeninge is slegs enkele van die grootste uitdagings waarmee landelike gemeenskappe te kampe het as
gevolg van disfunksionele plaaslike regering.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button