Local newsNews

Toernooi lok groot name in gholf na Parys

Die toernooi is 'n groot toerisme-inspuiting vir Parys.

Groot name in gholfkringe is die week van 13 tot 17 Augustus in Parys wanneer die Vodacom Origins of Golf toernooi vir die eerste keer sedert 2018 op die Parys Golf & Country Estate baan gespeel word.

Dié gesogte toernooi skop die 13de af met die ProAm wanneer professionele spelers saam met amateurs, almal genooide gaste van Vodacom, sal speel. Honderd en twintig spelers sal op die baan wees.

Heelwat besoekers aan die dorp word reeds die Maandag en Dinsdag voor die aanvang van die toernooi in die dorp verwag vir die oefenrondtes.
Spelers wat aan die ProAm op 13 en 14 Augustus deelneem slaan om 11:00 af op die betrokke dae.

Al die professionele spelers, waaronder ook nege dames, sal van 15-17 Augustus weer in aksie wees op die baan as deel van die Sunshine Toer-reeks, en sal daar dan om 07:00 soggens afgeslaan word. Plaaslike gholfspelers, maar ook belangstellendes, en veral jong gholfentoesiaste is welkom om op die Vrydag, Saterdag en Sondag te kom kyk na die aksie, en selfs saam met die spelers op die baan te stap.

Van die bekende name in gholf wat tydens die toernooi sal speel is Ockie Strydom, JJ Senekal, Oliver Bekker, George Coetzee, Jean Hugo, Neil Schietekat, Jaco Ahlers, Kieran Vincent, Keenan Davidse, Hennie Otto, Christiaan Burke, Fredrik From, Trevor Fisher Jr, Jaco van Zyl en Doug McGuigan.
Die Parys Golf & Country Estate baan op Gholfeieland aan die oewer van die Vaalrivier, is bekend vir sy besondere natuurskoon en voëllewe. Die rivier kan gesien en gehoor word by 14 van die putjies. Die baan bied heelwat uitdagings vir die ernstige gholfspeler, maar ook ‘n uitsonderlike gholfervaring vir die minder gesoute speler.

Die baan is sowat twintig jaar gelede deur Cobie le Grange ontwerp, en is oor die jare verskeie nasionale toernooie waaronder die Sunshine Tour en Senior Sunshine Tour al hier aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button