Local newsNews
Landloopatlete gereed vir Vrystaat-kragmeting
Parys skitter vanjaar met heelwat atlete wat die Fezile Dabi-span by die Vrystaat landloop-kampioenskappe sal verteenwoordig.
Negentien atlete van Primêre Skool Parys is ingesluit in die Fezile Dabi-landloopspan wat op 9 Augustus aan die Vrystaat landloopkampioenskappe in Bloemfontein sal deelneem.
Die atlete is Kordieu Scheepers, Danika Joubert, Mirka Ferreira, Rory Dedwith, Bernard Theunissen, MNJ Joubert, Anlé Beukes, Kylie Rootman, Amoré Pretorius, Reuben de Jager, Niklaas Theunissen, Gerhard Koorzen, Jandré Erasmus, Rumé van der Westhuizen, Jaco Rootman, Karliese Scheepers, Janco Ferreira, Jessie Joubert en Joyce Tshilumba.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



