Werk gemaak met stukkende ligte en afwesige, verbleikte padtekens
Inwoners van Parys kan die adresse van stukkende straatligte aan hul raadslede rapporteer.
Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit het begin om aandag te gee aan verbleikte en afwesige padtekens. Die munisipaliteit het sedert 1Augustus weer ‘n munisipale verkeersafdeling. Die afdeling se kantoor is by die brandweerstasie.

Die munisipale bestuurder, dr. F.P Mothamaha sê naas die padtekens, word werk gemaak van stukkende masligte in al die Ngwathe dorpe, asook straatligte in Parys.
In Vredefort was daar teen verlede week 16 van die 25 masligte herstel, en het Mothamaha bygesê dat masligte in Koppies en Heilbron ook reeds aandag gekry het.

Inwoners van Parys is aangemoedig om hul wyksraadslede te kontak met adresse waar straatligte nie werk nie, sodat dit aan die munisipaliteit se tegniese span deurgegee kan word.



