Local newsNews

Ngwathe: AfriForum nader hof weer oor uitvoer van hofbeslissing

Die hofstryd tussen AfriForum en die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit is op 20 Junie op die spits gedryf toe die hof in die guns van AfriForum beslis het dat die Ngwathe raad moet ontbind en die provinsiale regering by die munispaliteit moet ingryp.

Die burgerregte organisasie AfriForum gaan ’n aansoek in terme van artikel 18(3) van die Wet op Hoër Howe 10 van 2023 bring om te vra dat die hofbevel van die Vrystaat Hooggeregshof wat op 20 Junie deur regter JP Daffue gemaak is, intussen uitgevoer word.

Corné Cronjé, AfriForum se bestuurder van Gemeenskapstrukture, sê omdat die inwerkingstelling van beslissings dikwels uitgestel word hangende die uitkoms van ’n appèlproses, is dit in die belang van die gemeenskappe onder die Ngwathe-munisipaliteit se bestuur dat die uitspraak intussen inwerking gestel word.

Dit volg nadat die regspan van die Ngwathe munisipaliteit op 20 Augustus  in ‘n prokureursskrywe kennis gegee het van Ngwathe se voorneme om binne die voorsiene tydperk van ‘n maand, petisie tot die Appèlhof te rig teen die hooggeregshofbeslissing
verlede Dinsdag om sy appèlaansoek van die hand te wys.

“Daar bestaan uitsonderlike omstandighede wat dit noodsaak dat regter JP Daffue se uitspraak so gou as moontlik uitgevoer word. Die inwoners van onder meer Parys, Heilbron, Koppies, Edenville en Vredefort kan nie vir jare lank aan swak dienslewering uitgelewer word terwyl die appèlproses voortduur nie,” het Cronjé gesê.

Dié appèlproses kan tot drie jaar lank duur.

Regter Daffue het in vroeër in sy uitspraak gesê dat die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit nie meer sy verpligtinge teenoor inwoners nakom nie. Gevolglik is beslis dat die munisipale raad moet ontbind, en die provinsiale regering opdrag gegee  word om onmiddellik in te gryp. 

Die munisipale bestuurder, dr. F.P Mothamaha, het verlede week aan Gazette gesê die huidige administrasie het reeds baie gedoen om dienslewering te verbeter, en sê die
munisipaliteit se probleme is ge-erf van ‘n vorige administrasie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button