Local newsNews

Besonders: Kerk se haan en die maan

Beplanning en komposisie is van die bestanddele vir 'n mooi foto, maar met kreatiwiteit kan jy 'n werklik besondere foto neem.

Parysenaar Johan Smit is nie net ‘n ervare hidrogeoloog nie.  Hy is ook ‘n talentvolle fotograaf met ‘n oog vir ‘n besondere foto.

Met vanaand se maansverduistering het Johan inisiatief aan die dag gelê met ‘n unieke foto van die maan wat hy in Vredefort geneem het.

Johan het die NG Klipkerk se weerhaan op die kerktoring as voorgrond vir sy ongewone maanfoto gebruik en die eindresultaat is ‘n meesterstuk.

Johan vertel dat hy die foto met sy Canon M50 met ‘n 200mm Zoom-lens geneem het. Die oomblik toe die skaduwee begin inkom het, het die maan vinnig begin dowwer raak, en behoort die foto selfs nog mooier in volmaan te wees, sê Johan.

Johan Smit het ook dié pragtige foto vanaand langs die Parys/Koppiespad geneem.

Johan vertel dat fotografie vir hom ‘n stokperdjie is wat hy baie geniet. Hy hou daarvan om natuurtonele en landskappe af te neem. Sy mooiste landskapfoto’s het hy in die herfs in die Drakensberge geneem, asook  in die Overbergstreek waar die Langeberge ‘n dramatiese agtergrond skep vir goudgeel canolalande en grasgroen koringlande in die winter.

Eenuurkop buite Swellendam. Foto: Johan Smit.

Vra jy hom wat die geheim vir ‘n goeie foto is, sê Johan die belangrikste is die komposisie en beligting, soos mooi sagte lig met ‘n sonsondergang. Natuurlik kan ‘n ongewone gebeurtenis soos volmaan of weerlig dramatiese foto’s oplewer, maar die gewone landskappe kan mooi weergegee word met die regte beplanning en komposisie, is sy raad vir amateur fotograwe.

Die foto is vroeër vanjaar buite Welkom deur Johan Smit geneem en is daar baie lank beplan aan die foto vertel hy.

Gaan kyk na Johan se foto’s op sy Facebook-blad met die naam Noah’s Art. Die skakel is https://www.facebook.com/share/1Cns7ACR15/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button