Vrystaatse man met graaf aangeval
Die slagoffer is vandag ontslaan nadat hy in die hospitaal behandel is.
‘n 50-Jarige man van Frayville, Fauresmith, is Saterdagnag (3 Oktober) in sy huis oorval en met ‘n graaf aangeval terwyl hy geslaap het.
Volgens die verklaring het Willem Croucamp, omstreeks 23:30 wakker geskrik van ‘n skerp pyn op sy voorkop.. Hy het die verdagte oor hom sien staan met die graaf in sy hand.
Croucamp kon egter daarin geslaag om sy aanvaller te gryp en uit die huis uit te kry. Die verdagte het die graaf laat val en te voet van die toneel gevlug.
Croucamp is gehospitaliseer vir behandeling van ’n oop wond aan sy voorkop wat deur die graaf veroorsaak is. Hy is vandag, 5 Oktober, ontslaan.
Die 38-jarige verdagte is intussen gearresteer en aangekla. Hy sal in die landdroshof op Fauresmith verskyn. Die ondersoek duur voort.



