Tumahole munisipale kantore weer oop ná skade uit protes oor water
Met die heropening van die munisipale kantore in Tumahole, sal inwoners nou ook hier met munisipale dienste gehelp kan word.
Die Tumahole munisipale kantore is vanoggend deur die Ngwathe Plaaslike Munispialiteit se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria De Beer-Mthombeni amptelik geopen, meer as twee jaar nadat dié gebou aan die brand gesteek is tydens grootskaalse protesoptrede oor gebrekkige watervoorsiening deur die munispaliteit aan inwoners van Parys, Tumahole en Schonkenville.


Tydens die protesoptrede in Januarie 2023 het woedende gen gefrustreerde gemeenskapslede opgeruk na die munisipale kantore en die dorp se watersuiweringswerke, en is ‘n pad van verwoesting agtergelaat met Jo-Jo watertenks wat aan die brand gesteek is, skade aan paaie, winkels wat geplunder is, skole wat ontwrig is, en die munispale kantore in Tumahole, sowel as die burgemeester se ma se woonhuis in Schonkenville wat aan die brand gesteek is.

Lees die volledige berig in hierdie week se Gazette.



