Local newsNews

Skitter prestasies vir Parys-dansers by A-arts

Naas die plekke wat behaal is, het verskeie van die dansers ook trofees ontvang.

Parys-dansers van die Aldante Dance Studio het na hul skitterende deelname by die A-arts Dance Festival in Potchefstroom, almal deurgedring na die Rising to Fame danskompetisie wat in April 2026 gehou word.

So het Parys se spog-uitslae by die A-arts Dance Festival gelyk:
Carlé Keulder – Bhangra – 86% (1ste plek); Freestyle – 85% (3de plek); Hip Hop– 87% (1ste plek); Jazz – 83% (1ste plek); Musical – 84% (1ste plek); Open “Jive” – 90% (1ste plek). Sy ontvang ook ‘n spesiale toekennning in die ope-afdeling.

Carlé Keulder en Bianca Joubert saam met Belinda, hul dansinstruktrise.
Leandri van Heerden en Carlé Keulder.

Bianca Joubert & Carlé Keulder (Duo)- Hip Hop – 86% (1ste plek); Jazz – 84% (1ste plek); Lyrical – 84% (1ste plek); Musical– 85% (2de plek). Bianca en Carlé het saam ook ‘n trofee ontvang as “Most Versatile Dancers” in die solo- en duo-afdelings.

Caylin Tolmay.

Caylin Tolmay – Bhangra – 85% (3de plek); Freestyle – 87% (3de plek); Hip Hop – 81% (1ste plek); Jazz – 86% (2de plek); Lyrical – 86% (1ste plek).
Caylin Tolmay en Leandri van Heerden is ook deel van die Panthers Dance Group van 13 meisies wat in vier afdelings deelgeneem het, en die gesogte Spesiale toekenning vir Beste Dansgroep Algeheel ontvang het!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button