Binnelanders se Louis Koster kuier in Parys
Parysenaars word genooi om die begin van die feestyd te kom vier met 'n oggend vol inspirasie en musiek
‘n November-Kersfees. Dit is waarna Parysenaars kan uitsien wanneer die bekende Binnelanders-akteur en sanger, Germandt Geldenhuys, op 29 November in Parys kuier.
Germandt, bekend vir sy rol as Louis Koster in die TV-sepie Binnelanders, tree op by die Najaarsrus Dienssentrum vir Bejaardes ten bate van die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak, met die ondersteuning van Avbob.

Van sy skooldae af is Germandt op die verhoog, en in 2024 word hy vereer met die South African Film and Television Award (SAFTA) vir Beste Akteur – juis vir sy rol in Binnelanders. Hy maak in 2018 sy filmdebuut in die rolprent Kanarie, waarvoor hy by die kykNET Silwerskermfees as Beste Manlike Byspeler: Film bekroon is, in 2019.
Buite sy werk voor die kameras is Germandt ook betrokke by die skryf, regie en vervaardiging van verskeie toneelstukke, waaronder Keelvol, Dis Kersfees! en Die vrou op die dak.
Net ‘n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar, en dit verkoop vinnig Die program is van 09:30 tot 12:00 en sluit ‘n ligte middagete en nagereg in.
Vir kaartjies kan jy Matty Last kontak by 072 267 9758.



