NewsNews

Plaasaanval: Soektog duur voort

Die egpaar is Sondagoggend vroeg op hul plaas oorval, aangerand en van hul bakkie beroof. Die bakkie is intussen teruggekry.

Daar word steeds gesoek na die man wat verbind word met ‘n plaasaanval Sondagoggend sowat 8km buite Parys langs die R500 (Parys/Fochville-pad).

Brigadier Sabata Mokgwabone, woordvoerder vir die polisie in Noordwes, het vanoggend bevestig dat die Buffelshoekse polisie klagte van huisroof ondersoek, en dat die verdagte steeds op vrye voet is.

Die egpaar se aanvaller het te voet toegang tot die plaas verkry en weggekruip in ‘n stoorkameer langs die huis. Hy het die vrou oorval toe sy na die stoor is om ‘n seil te gaan haal, en het hy haar met ‘n skerp yster wat hy vermoedelik in die stoor gekry het, oor die kop geslaan.

Een van die vrou se dogters wat ook in die huis bly, het haar ma hoor skree en is na die stoorkamer. Sy het tussen haar ma en die aanvaller inbeweeg en gesmeek dat hy moet vat wat hy soek en hulle moet uitlos.

Die man het ma en dogter  in die stoorkamer toegesluit en is na die huis waar hy die egpaar se bakkie sleutels gevat het. Terwyl hy in die huis was, is hy deur die vrou se man naby die kombuis betrap waar hy by die sleutelhakkies doenig was. Met dié het die verdagte man dieselfde skerp ystervoorwerp gebruik om ook die man  aan te rand.

Intussen het die vrou se ander dogter  wat naby haar ouers woon, op die plaas aangekom om die seil te kom haal wat haar ma vir hulle uit die stoorkamer sou haal.  Die aanvaller het egter homself uit die voete gemaak met die egpaar se bakkie.

Die vrou en dogter wat in die stoorkamer toegesluit was, kon by ‘n ander deur van die stoor uitkom, en het die beseerde man in die huis gekry. Die dogter het met haar ouers in die motor na die R500 gejaag waar sy die nooddienste langs die pad ontmoet het.

Volgens Annika Liebenberg, wat naby die egpaar woon, het bure onmiddellik reageer op die vrou se hulpkreet op die Vaalrivier Rooikat-noodgroep.Terwyl hulle na die plaas was om hulp te verleen, het Calvin Faber, en van die ander bure  gehelp om nooddienste te aktiveer en te soek na die egpaar se dubbelkajuit Toyota Hilux bakkie.

‘n Halfuur na die aanval wat die oggend tussen 07:30 en 08:00 gebeur het,  is die boodskap op die noodgroep ontvang dat die voertuig verlate langs die Weiveld pad gekry is.

Die vrou moes steke in haar gesig en op haar kop kry en is Sondag reeds ontslaan.  Die man is in die hospitaal opgeneem vir behandeling en observasie.

Die egpaar se dogters het na die aanval elke persoon wat reageer het op die noodroep om hulp, opreg bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button