Local newsNews

Brand ná botsing eis twee lewens

Die pad is net na 19:00 vanaand oopgestel vir verkeer in beide rigting na 'n botsing vroeër vanmiddag op die N1-hoofweg naby Rooiwal.

‘n Grusame botsing op die N1-hoofweg tussen Rooiwal en Heuningspruit, het vanmiddag die lewens van twee persone ge-eis, ná ‘n trompop botsing tussen twee voertuie.

Met die impak van die botsing het die voertuie aan die brand geslaan, en het twee persone in die brand omgekom.

‘n Derde persoon is per ambulans na ‘n Kroonstadse hospitaal vervoer. Die botsing was net na 14:00 vanmiddag.

Die identiteit van die oorledenes sal eers bekendgemaak word sodra forensiese en patologiese ondersoeke afgehandel is.

Inligting oor die omstandighede rondom die botsing is nog nie bekend nie.

Die pad is na 19:00 weer oopgestel vir verkeer in beide rigtings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button