Local newsNews
Born 2 Play skitter met silwer by Rhino 7’s
Die span het reeds geseëvier met 'n silwer in die Rhino Sewes en sal nou aan die Jaru Sewes deelneem.
Rugbyspelers van Parys het die afgelope naweek as deel van die Born 2 Play-span aan die Rhino sewestoernooi deelgeneem waar hulle ‘n silwermedalje verower het, met vyf van die ses wedstryde wat die span gewen het.
Hulle sal die komende naweek aan die Jaru Sewes deelneem. Die Parysenaars wat vir Born 2 Play aan die Rhino sewes deelgeneem het, was Kutloano Leemisa, Ncheka Ncheka, AC Lewies en Ethan Litchfield. AC was ook een van die span se kapteine.

Die span is afgerig deur Shane van Sittert en Rudi Kruger, en het in hul segetog teen Lynx 1, Lynx 2, Vanderbijl Hoër, Touch Down Academy, Leeuwenhof en Southern Sevens gespeel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



