Local newsNews

Goue oomblikke vir Mnr en Mej Hoërskool Parys

Kyk na die spogfoto's van die kroningsaand.

Heinrich Nortje en Karisa Nortman is gekroon as Hoërskool Parys se Mnr en Mej Hoërskool Parys tydens ‘n glansaand waartydens elkeen van vanjaar se finaliste op die verhoog geskitter het.

Die eerste prins en prinses is Christiaan Steenberg en Jazél Fourie, met MW Supra en Amoré Britz as tweede prins en prinses.

Mnr en Mej Fotogenies is SW van der Watt en Sipho Direko

Mnr en Mej Debutant is SW van der Watt en Lara Lubbe.

Die glansaand is ook bygewoon deur mev. Bertha van Zyl wat die eerste Mnr en Mej Hoërskool Parys-kroning in 2003 by die skool begin het, en John Henry Opperman, bekende in die musiek en media produksie industrie. John Henry was ook ‘n oudleerder van die skool.

Ray Dylan het as gaskunstenaar opgetree, met die nimlike Nastassha op die verhoog agter die mikrofoon.

Goue oomblikke

Die groepie leerders van Primêre skool Parys het harte gesteel met hul optrede op die verhoog.

Glanspersoonlikhede op die verhoog

Ray Dylan was die gaskunstenaar vir die aand.
John Henry Opperman se waar woorde oor talente het gepraat met harte. John-Henry is ‘n oudleerder van Hoërskool Parys.
Die nimlike Natassha agter die mikrofoon.

‘n Aand van glans

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button