Local newsNews
Met jou gholfstokke of ‘n bydrae kan jy ‘n verskil maak vir Ntshwephepa se kinders
Fondse wat met die gholfdag ingesamel word, sal bydra om onderrig in klaskamers by die skool te vergemaklik.
‘n Gholfdag om broodnodige klaskamer tegologie vir klaskambers by die Ntshwephepa Primary School in Tumahole moontlik te maak, word op 30 Oktober by die Vaal De Grace-landgoed net buite Parys gehou. Dit is die derde jaar dat die gholfdag aangebied word, en nooi die skool die gemeenskap uit om deel te wees hiervan.
Dit beloof nie net ’n prettige dag op die gholfbaan te wees nie, maar ook ’n kans om ’n verskil te maak in die lewens van hierdie skool se leerders wanneer daar met die fondse wat ingesamel word, geslaag kan word om klaskamer-hulpmiddels soos projektors en witborde, te kan aankoop om onderrig en leer vir kinders uit minderbevoorregte omgewings te verbeter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



