Local newsNews

Drie wat boer wreed gemartel en beroof het, steeds soek

Die polisie ondersoek klagte van huisroof en poging tot moord.

Die polisie soek steeds na die mans wat Woensdag 28 Oktober verantwoordelik was vir die brutale aanval op ‘n boer, Donovan Marx op sy plaas in Syferfontein, Ventersdorp. Die 50-jarige Marx is in die MediClinic Potchefstroom opgeneem waar sy toestand kritiek maar stabiel is.

Volgens beskikbare inligting het die voorval omstreeks 08:30 plaasgevind. Drie gewapende mans wat klapmusse gedra het, het van agter die plaashuis te voorskyn gekom en hul vuurwapens op een van die plaaswerkers gerig wat besig was om gras te sny, het kaptein Majang Skalkie gesê.

Die mans wou weet waar die plaaseienaar is. Hulle het die werker se hande en voete met kabelbinders vasgebind en hom toe na die agterkant van die huis geneem.

Toe die 50-jarige Marx met ’n rooi enkelkajuit Isuzu-bakkie by die huis kom, is twee van die verdagtes na hom toe en is hy in die bolyf geskiet, het Skalkie gesê.

Hulle het hom daarna die huis binnegesleep, sy hande en voete met kabelbinders vasgebind en is hy tydens die marteling onder meer ook met ‘n mes gesteek.

Die verdagtes het die huis deursoek en drie vuurwapens uit ’n kluis geneem voordat hulle met die rooi Isuzu-bakkie van die toneel gevlug het.

Die plaaswerker kon daarin slaag om homself los te kry en het hulp ontbied.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Die polisiekommissaris van Noordwes, luitenant-generaal Arthur Peter Adams, het die gewelddadige aanval ten sterkste veroordeel en ’n beroep op gemeenskapslede gedoen om die polisie te help om die skuldiges voor die gereg te bring.

Hy het gesê: “Die gebruik van vuurwapens en die wrede aanranding van ’n persoon tydens ’n roof is ernstige kriminele dade wat nie geduld sal word nie.”

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, kan die ondersoekbeampte, kaptein Bonita Dry, bevelvoerder van die speurtak in Ventersdorp, by 082 373 7781 kontak.

Inligting kan ook deurgegee word op die Crime Stop nommer 08600 10111 of anoniem deur die MySAPS-toepassing.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button