Local news

Potchefstroom broers tydens skietery geteiken

Die verdagte is nie ernstig tydens die voorval beseer nie en word onder polisiebewaking in die hospitaal behandel.

Twee bekende broers van Potchefstroom is Maandag, 10 November by hulle besigheid, Chubby Chick, deur ‘n voormalige werker geteiken en geskiet.

Jonathan Fourie is tydens die insident, wat omstreeks 10:30 plaasgevind het, doodgeskiet en sy broer, Deon, is kritiek beseer nadat hy na bewering twee keer in die nek geskiet is. Deon is na ‘n hospitaal in Gauteng vir mediese hulp gehaas

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê een slagoffer is op die toneel dood verklaar, terwyl die ander een in ’n kritieke toestand na die hospitaal geneem is.

Die 73-jarige verdagte was glo ‘n  voormalige werknemer van die besigheid en was in vergadering met die eienaars toe hy na wat verneem word ‘n vuurwapen uit gepluk het en op die broers losgebrand het.

“Ná die voorval het sekuriteitswagte, wat die skote gehoor het, gereageer en op die verdagte geskiet.” Myburgh sê ’n saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

“Die verdagte is nie ernstig beseer nie en word onder polisiebewaking is die hospitaal behandel.”

Die toneel Maandag by Chubby Chick se perseel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button