Die foto is vroeër naby die hangbrug in Parys geneem. Foto: Liezl Scheepers
Parys het sedert Saterdag in totaal 52mm reën gemeet, waarvan 35mm gister geval het.
Nog reën word veral oor die naweek van Vrydag af vir Parys voorspel met maksimum temperature in die lae twintigs, en selfs onder 20 grade Celsius teen die naweek.
Vaaldam is nou 101,26% vol met 16,4mm reën wat by Vaaldam gemeet is. Bloemhofdam staan nou op 96,83%.
Allemanskraaldam het verlede week gemeet op 98%, Gariep 94,2%, Koppiesdam 95.5% en Sterkfontein 99,1%.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.