Robbert Joubert (73), die verdagte in die Chubby Chick-skietery, wat die lewe van Johnathan Fourie geneem het en sy boer, Deon kritiek beseer het, het 12 November in absentia in die Potcshefstroom-landdroshof versykn.
Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Joubert word aangekla van moord en poging tot moord. Hy is tans steeds in die hospitaal en die saak is tot 19 November uitgestel.
Die tragiese voorval het 10 November by Chubby Chick in Potchefstroom se industriële gebied plaasgevind. Johnathan is op die toneel doodverklaar en Deon is in ‘n kritieke toestand per heilikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gehaas.
Volgens inligting is ’n vergadering tussen die twee direkteure, Johnathan en Deon, en Joubert gehou, vermoedelik oor ’n eiendomstransaksie.
Ná die vergadering het Joubert glo die gebou verlaat, maar ongeveer 30 minute later teruggekeer. In daardie stadium was Deon steeds in die raadsaal toe die Joubert glo die gebou binnegekom en hom verskeie kere geskiet het. Hy het om hulp geroep, waarna Johnathan onmiddellik gereageer en Joubert glo in die raadsaal ontmoet het, waar hy ook verskeie kere geskiet is.
Sekuriteitspersoneel het toegetree en ’n verdere skietvoorval het plaasgevind. Die verdagte is gewond en na ’n plaaslike hospitaal vervoer, waar hy tans onder streng polisie toesig is.



