Local newsNews

Identiteitsdokumente en paspoorte tydens klopjag gekry

Inligting wat opgevolg is het gelei tot 'n klopjag by die mans se woonplek.

Altesaam 90 ID-boekies, 83 ID-kaarte en verskeie SASSA-kaarte is Donderdag in Deneysville gekry tydens ‘n gesamentlike operasie deur die Fezile Dabi Trio-taakspan, Sasolburg Misdaadintelligensie en Deneysville Speurders. Daar is ook beslag gelê op vermoedelik gesteelde televisiestelle en mikrogolfoonde.

Volgens polisiewoodvoerder sersant Josephine Rani, is drie man tussen 18 en 19 jaar oud, vir die besit van die vermoedelik gesteelde eiendom gearresteer.

Rani sê die arrestasie het gevolg nadat inligting opgevolg is en ’n klopjag by die mans se woonplek uitgevoer is.

Al die vermoedelik gesteelde eiendom is gekonfiskeer.

Die drie verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Sasolburg verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button