Local newsNews

Casino beroof maar geen gyselaarsdrama

Die verdagte is steeds op vrye voet.

Die Chillnett Internet kafee/casino in Father Balinkstraat in Parys se sentrale besigheidsgebied is vanoggend van ‘n onbekende bedrag geld beroof. Die verdagte is steeds op vrye voet.

Die roof het vroeg vanoggend gebeur toe personeel die onderneming se deure om 09:00 oopgesluit het vir die dag se besigheid. Die verdagte het klaarblyklik saam inbeweeg en die deure weer gesluit.

Die personeel is toe gedwing om die kluis oop te maak, en is vasgebind voordat die verdagte op die vlug geslaan het.

Hulle kon  later daarin slaag om die paniekknoppie te aktiveer waarop die onderneming se sekuriteitsmaatskappy gereageer het, en die polisie ook ontbied is.

Polisie en sekuriteitspersoneel kon die personeel binne die toegesluite gebou hoor maar omdat dit nie op daardie stadium seker was wat die presiese omstandighede binne die gebou was nie, is dit as ‘n gyselaarsituasie hanteer.

Naas Parys SAPD, Vispol Parys en Parys Speurdiens, is die polisie se K9-eenheid van Kroonstad, asook ‘n gyselaarsonderhandelaar van die polisie, en die DOCC en TRT taakspanne na die toneel ontbied.

Polisielede is daarna in die gebou in, en kon die personeel veilig uit die gebou beweeg.

Niemand is in die voorval beseer nie, en geen skote is afgevuur nie.

Donderbuise wat deur die taakspanne in die gebou ingeneem is as voorsorgmaatreël in die hantering van die situasie, is volgens protokol nadat personeel uit die gebou gekry is, veilig in die straat gedeaktiveer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button