Local newsNews

Opgradering en herstel sal ook kapasiteit van wateraanleg verhoog

Die projek sal ook voorsiening maak vir 'n noodkragopwekker vir die dorp se watersuiweringsaanleg het die burgemeester gesê.

Knaende waterprobleme in Vredefort gaan aangespreek word met die opgradering en herstel van die dorp se watersuiweringsaanleg. Die projek is verlede week deur Ngwathe se Uitvoerende burgemeester Victoria de Beer-Mthombeni amptelik bekendgestel.

Die burgemeester het met die bekendstelling gesê dat higiëne en selfrespek hand aan hand loop en dat die projek daarom ‘n prioriteit vir die munisipaliteit is.

Sy het gesê dat die projek herstelwerk by die aanleg asook watervoorsiening na alle woonbuurte in die dorp sal aanspreek, en dat sy persoonlik oorsig oor die projek sal hou met verwysing na probleme met herstelwerk by die aanleg enkele jare gelede toe die kontrakteur wat aan die suiweringsaanleg gewerk het, ten volle betaal is ten spyte van verskeie probleme wat in 2022 deur die raad se infrastruktuurkomitee uitgewys is.

Ngwathe Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer-Mthombeni
Ngwathe Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer-Mthombeni

Werk wat toe gedoen is het ook nie die kapasiteit van die aanleg vergroot nie.

Die projek wat nou geloods is word deur die MIG (Municipal Infrastructure Grant) befonds oor 12 maande en beloop ‘n koste van R50m.

Die projekkonsultant is Clock Engineering, met Thotogelo MP as kontrakteur.
As deel van die projek sal die aanleg wat ‘n sleutelpunt is, ten volle omhein word, en sal aandag gegee word aan pompe en pyplyne sowel as die vloei- en filtreringstelsels by die aanleg. Ou asbespype in die watervoorsieningsnetwerk sal ook vervang word.

Daarbenewens moet ook ‘n noodkragopwekker met voldoende kapasiteit by die aanleg geïnstalleer word.

Die verwagting is dat die projek met voltooiing daarvan die aanleg se kapasiteit substansieel sal vergroot.

Herstel van Vredefort watersuiweringsaanleg
DA rdl. JP de Villiers by die Vredefort suiweringsaanleg waar herstel en opgraderingswerk gedoen gaan word. Foto: Verskaf

Daar is gesê dat die raad se infrastruktuurkomitee gereelde oorsig oor die vordering van die projek moet doen, en dat ook van plaaslike kontrakteurs gebruik gemaak sal word.
“Die projek het ten doel om veral werkvoorsiening aan jeugdiges te bied, maar moet terselfdertyd seker gemaak word dat gehalte werk gelewer word,” het die burgemeester gesê.

Vredefort watersuiweringsaanleg herstel
Herstel en opgraderingswerk gaan aan Vredefort se watersuiweringsaanleg gedoen word wat ook die kapasiteit van die aanleg sal vergroot. Foto: Verskaf
Die sooispitfunksie tydens die loods van die projek.

Hoewel die projek wat geloods is prysenswaardig is vir Vredefort se inwoners, het dit terselfdertyd ook opnuut vrae laat ontstaan oor die sloering van herstelwerk by Parys watersuiweringsaanleg wat steeds na maande nie voltooi is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button