Local newsNews

Vaaldam – plan vir toemaak

Daar sal vandag begin word om gelykdelik sluishekke by Vaaldam toe te maak.

Daar sal vanoggend begin word om twee van die agt sluishekke wat tans oop is by Vaaldam, toe te maak.

Die eerste sluishek sal om 10:00 vanoggend toegemaak word, en die tweede sluishek om 14:00 vanmiddag.

Dit sal beteken dat daar dan nog ses sluishekke by Vaaldam oop is, en sal ‘n daling in die watervlak van die Vaalrivier na verwagting teen Sondag gesien kan word.

Barrage het teen 07:00 vanoggend water uitgelaat teen 1 309,1 kubieke meter per sekonde.

Schoemansdriftbrug

Motoriste moet egter daarop let dat die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel steeds gesluit is vir alle verkeer.

Die Vaalrivier se watervlak by diƩ laagwaterbrug het teen 18:00 gisteraand nog 3,15m gemeet met watervloei teen 1 710 kubieke meter per sekonde.

Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel
Die foto van die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is gisteraand deur Sue Janse van Rensburg geneem.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button