Local newsNews
So lyk die plan vir Vaaldam vandag
Die watervlak van die Vaalrivier het reeds aansienlik sedert gister gesak.
‘n Verdere twee sluishekke sal vanoggend om 10:00 en 12:00 onderskeidelik by Vaaldam toegemaak word.
Daar is tans ses sluishekke oop wat dan beteken dat net vier sluishekke teen vanmiddag nog by Vaaldam oop sal wees.
Die uitvloei by Barrage om 07:00 vanoggend was 915 kubieke meter per sekonde met drie sluise vol oop.
Die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel wat vroeër die week vir verkeer gesluit moes word weens die styging van die Vaalrivier se watervlak, is vanoggend weer oop.
Die watervlak van die Vaalrivier het sedert gister reeds met byna ‘n meter gesak nadat twee sluishekke gister toegemaak is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



