Local newsNews

Brug weer oop na water sak

Twee van die agt sluishekke wat die afgelope week by Vaaldam oop was, is gister toegemaak.

Die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is vanoggend om 08:00 weer oop nadat die Vaalrivier se watervlak aansienlik sedert gister gesak het.

Die brug is Woensdag gesluit vir verkeer nadat die Vaalrivier se watervlak by die brug  2,728m gemeet het.

Daar is Maandag vyf sluishekke by Vaaldam oopgemaak, en nog drie sluishekke Dinsdag. Twee van die agt sluishekke is gisteroggend toegemaak en het die watervlak sedert gister met bykans ‘n meter gesak.

Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel
Die foto is Saterdagoggend om 08:30 by die Schoemansdrift laagwaterbrug geneem toe die watervlak nog 2,8m en vloei teen 1 424 kubieke meter per sekonde gemeet het.
Schoemansdrift laagwaterbrug
Die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel soos dit vanoggend lyk met die brug wat weer oop is. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button