Hier kom baie water: Vaaldam maak nog oop
Wanneer 'n sluishek by Vaaldam oopgemaak word neem dit ongeveer 12 uur voordat die effek daarvan in die watervloei van die rivier by Parys gesien word.
Nog sluishekke sal vanoggend by Vaaldam oopgemaak word wat sal beteken dat daar teen 14:00 vanmiddag 10 sluishekke oop sal wees.
Die sluishekke sal as volg oopgemaak word.
10:00
12:00
14:00
Teen gistermiddag het Vaaldam sewe sluishekke oopgehad nadat vier sluishekke gister bykomend tot die drie sluishekke wat oop was, oopgemaak is.
Vaaldam staan nou op 106,42% met invloei gemeet teen 1 424,4 kubieke meter per sekonde, en uitvloei teen 935 kubieke meter per sekonde.

Op 25 April vanjaar was daar ook tien sluishekke oop by Vaaldam en was die dam toe 118,4% vol.
Status quo word steeds by Bloemhofdam gehandhaaf met ‘n uitvloei van 1002,3 kubieke meter per sekonde. Bloemhof is nou 99,81% vol.
Uitvloei by die Barrage is vanoggend gemeet op 1 525 kubieke meter per sekonde.



