Local newsNews

Matt Stern sterf

Ons opregte medelye met sy naasbestaandes

Die bekende en veelsydige akteur en sanger Matt Stern, is vroeër vandag in die ouderdom van 54 jaar aan sy hart oorlede.

Hy was veral bekend vir sy rol as onder meer Dominee Dou Droel van die komedie Huis Lelieveld, en was in verskeie verhoogproduksies te sien, sowel as plaaslike en internasionale produksies.

In  2002 het sy loopbaan ‘n hupstoot gekry toe hy die sluipjagter Kurt Conradie in die sepie 7de Laan vertolk het. Daarna is hy in verskeie ander rolle gesien. Van sy filmwerk sluit in “Racing Stripes”, “District 9” en Hond se Dinges en Stoute Boudjies.

Hy was ook ‘n professionele sanger, opgelei in musiekteater as tenoor. Sy repertoir het gewissel van Elvis tot opera, en was hy naas akteur en sanger, ook bedrewe met oorklankingswerk en ‘n tweetalige en vaardige seremoniemeester.

Inwoners van die Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes in Parys het in 2021 en 2022 die voorreg gehad om hom te kon hoor toe hy by die tehuis ten bate van die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak opgetree het.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button