DBV kom tot twee skilpaaie se redding
'n Spesiale algemene vergadering van die Parys DBV word vanoggend gehou vir die kies van 'n komitee.
Twee skilpaaie is verlede week deur DBV-personeel in die Sesulu en Mbeki-woonbuurte gered van vermoedelik sangoma-aktiwiteite. Toe die skilpaaie gekry is, was daar reeds ‘n gat in een van die skilpaaie se dop geboor om hom met ‘n ketting te kon vasmaak.

Die skilpaaie sou deur die DBV by ‘n geakkrediteerde fasiliteit in die natuur vrygelaat word.

Komitee nodig vir Parys DBV
Die publiek word herinner aan die spesiale algemene vergadering van die
Parys DBV wat vandag, Saterdag 29 November om 10:00, by ABC Naskool te St Janstraat 68 gehou word om ‘n komitee vir Parys DBV saam te stel.
Sou daar nie daarin geslaag word om ‘n komitee saam te stel nie, sal Parys DBV gederegistreer word wat beteken dat die deure van die dorp se DBV sal moet sluit, en dat die naaste DBV-takke aan Parys dan in Carletonville, Vereeniging/Vanderbijlpark en Kroonstad sal wees.
Tans hanteer Parys DBV diereverwaarlosing en mishandeling klagtes in die Heilbron, Koppies,
Parys, Vredefort and Lindequesdrif areas, en het Parys DBV en die SPCA Charity Shop in totaal nege personeel in diens.
Wat doen DBV-komiteelede?
DBV-komiteelede werk nie self by die DBV nie, maar is nou betrokke by die daaglikse bestuur, operasionele hulp en fondsinsamelings van die DBV. Vyf komiteelede is nodig wat insluit ‘n voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris, tesourier en addisionele lede wat vir ‘n termyn van minstens twee jaar op die komitee dien.
Hoewel ‘n kwalifikasie nie ‘n vereiste is om op die komitee te kan dien nie, word van komiteelede verwag om te voldoen aan die bepalings van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se konstitusie.
Komiteelede se verantwoordelikhede is dienooreenkomstig die portefeulje waarin hulle op die komitee dien. Komiteevergaderings word maandeliks gehou, en komiteelede
woon ook ‘n twee dae komiteekursus aanlyn of in persoon by.
Hoe doen jy aansoek om ‘n komiteelid te word?
Diereliefhebbers wat belangstel om op die komitee te dien, kan hul aansoeke of navrae stuur na



