Vrye vloei nou by Barrage toegepas
Styging in die watervlak van die Vaalrivier stroomaf van die Barrage kan verwag word.
Vrye vloei sal van vanoggend af by Barrage toegepas word sodat die rivier natuurlik hier kan vloei en vloedwater veilig stroomaf kan beweeg, is vanoggend na 09:00 bekendgemaak. Vryvloei beteken dat al Barrage se sluise oopgemaak word sodat wat invloei kan uitvloei.
Die besluit is geneem weens die huidige uitvloei by Vaaldam wat té hoog is om veilig by die Barage te kan stoor of reguleer met die hulp van die sluishekke. Eers wanneer invloei toestande dit toelaat sal beheerde uitvloei by Barrage weer toegepas word.
Die Barrage se sluishekke sal vanoggend stelselmatig oopgemaak word totdat alle sluishekke hier oop is.
Vaaldam
Let wel dat die status quo by Vaaldam weer vandag gehandhaaf sal word met tien sluishekke wat tans oop is.
Bloemhofdam
Uitvloei by Bloemhofdam word wel verhoog om 10:00 na 1 300 kubieke meter per sekonde.
Brug gesluit
Let ook daarop dat die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel steeds gesluit is vir alle verkeer. Die Vaalrivier se watervlak meet nou 3,66m hier met uitvloei teen 2 149 kubieke meter per sekonde soos gemeet om 07:45.





