Local newsNews
Hierdie een is vir voëlliefhebbers
Die dag bied jaarliks die geleentheid vir voëlkykers reg oor die land om voëls te kyk en kan jy gratis registreer om deel te neem.
Registrasie vir Birding Big Day 2025 (BBD 2025) op Saterdag 6 Desember is nou oop by birdlife.org.za/bbd.
Birding Big Day is ’n jaarlikse geleentheid wat mense regoor Suid-Afrika aanmoedig om uit te kom en voëls te gaan kyk! Of jy nou ’n ervare “twitcher” is wat mik vir ’n provinsiale rekord, of ’n nuweling-tuinvoëlkyker – ons wil graag hê jy moet registreer en jou waarnemings by Birdlife SA indien. Dis gratis!
Die datapunte wat deur burgerwetenskaplikes soos jy ingesamel word, is van onskatbare waarde om die verspreiding en bevolkingsvlakke van ons land se voëllewe beter te verstaan.

As jy deel is van ’n voëlklub, of die grootste voël-nerd in jou vriendekring, kry asseblief ’n span bymekaar en gaan kyk 6 Desember voëls!
BBD 2025 word vanjaar geborg deur RETURNAfrica, wat ruimhartig ’n gelukkige-trek-prys van vier nagte vir vier persone in Pafuri, ter waarde van R64 000, geskenk het!
Vir meer besonderhede en om te registreer, besoek birdlife.org.za/bbd.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



