Local newsNews

Nog ‘n tornado tref die VS

Nog reën word vir die week vir die Vrystaat voorspel.

Kort nadat ‘n tornado wat as ‘n EFo deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens geklassifiseer is, verlede week net buite Heilbron getref het, is ‘n klein tornado Sondag laatmiddag ook in die distrik van die Vrystaatse dorp Dewetsdorp gerapporteer.

Geen skade is aangerig nie en was dit van korte duur.

Daar is verlede week gewaarsku teen donderstorms vir die Vrystaat en word nog reën vir die provinsie ook vir die week voorspel.

Benewens die Dewetsdorp en Heilbron tornado’s, is ‘n tornado naby Harrismith ook drie weke gelede gerapporteer.

'n Skermgreep uit Tanya van Rooyen se video van die tornado wat verlede week buite Heilbron gesien is. Foto erkenning: Tanya van Rooyen
‘n Skermgreep uit Tanya van Rooyen se video van die tornado wat verlede Maandag buite Heilbron gesien is. Foto erkenning: Tanya van Rooyen

Tornado’s in Suid-Afrika


Lehlohonolo Thobela, meteoroloog by die Suid-Afrikaanse Weerdiens het by navraag van Gazette gesê navorsing toon dat tipiese toestande wat bevorderlik is vir tornadiese en swaar konvektiewe aktiwiteit – naamlik vogtige, samevloeiende lug, laevlak-skuinsheid en onstabiele omgewings wat met koeler stelsels bots – dikwels in dele van Suid-Afrika voorkom. Thobela wys daarop dat historiese en kontemporêre ontledings toon dat baie van Suid-Afrika se tornado’s, en selfs ’n soort ‘tornadogordel’, in die Hoëveldstreke en oostelike provinsies voorkom, insluitend Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga en KZN.

Thobela het bygevoeg dat historiese gebeurtenisontledings ook ’n seisoenale spits vir tornado’s aandui gedurende die midsomer maande (November–Maart). “Belangrik om te onthou is dat tornado’s nie streng tot die somermaande beperk is nie. “Daar is gedokumenteerde voorvalle in die lente (September–Oktober) en laat somer.”

Thobela sê dit ondersteun die idee dat warm, vogtige omgewings met verkoelde stelsels as sneller ’n belangrike aanduiding is van tornado’s wat gedurende hierdie tyd van die jaar kan voorkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button