Local newsNews
Bakkies kan deur, maar nog nie lae voertuie nie
Daar was teen gistermiddag nog ses sluishekke oop by Vaaldam.
Nadat die watervlak van die Vaalrivier gister heelwat gewissel het by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel, sal bakkies vanoggend al gemaklik oor die brug kan ry, maar is die water nog te diep vir laer voertuie.
Dankie aan Sunnyside se mense wat die stompe by die brug vanoggend verwyder het.


Die watervlak van die Vaalrivier het vanoggend om 05:15 by die brug gemeet op 2,57m met vloei gemeet teen 1 244 kubieke meter per sekondes.
Gistermiddag om 13:00 was die Vaalrivier se watervlak by die brug nog gemeet op 2,97m, waarna dit om 17:30 gemeet het op 3.15m.
Teen gistermiddag was daar nog ses sluishekke oop by Vaaldam.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



