Ses sterf in taxi-ongeluk in die Vrystaat
Verhoogde verkeersvolumes is oor die naweek op al die land se hoofweë gesien namate mense terugkeer van hul vakansiebestemmings.

Terwyl die land se paaie die naweek druk besig was met vakansiegangers wat terugkeer huis toe, het minstens ses mense Saterdagaand gesterf in ‘n botsing tussen ‘n motor en ‘n minibus taxi op die R26 buite Mashaeng naby Fouriesburg.
Die ongeluk het omstreeks 23:50 gebeur. Volgens inligting tussen die wit Kia-sedan voertuig met Vrystaatse registrasie en die 22-sitplek taxi by ‘n kruising gebeur. Die taxi met ‘n Gautengse registrasienommer was van Ficksburg na Pretoria onderweg.
Nooddienste en wetstoepassingsbeamptes het deur die nag gewerk om die toneel op te ruim en bystand aan die beseerdes te verleen.
Sedan:
Die sedan het vyf insittendes gehad. Drie mense is op die toneel dood, terwyl twee ernstige beserings opgedoen het.
Minibus-taxi:
Die minibus-taxi het 22 insittendes gehad, insluitend die bestuurder. Die bestuurder en twee passasiers is op die toneel dood. Die oorblywende 19 insittendes het beserings opgedoen en is na hospitale in Bethlehem en Bohlokong vervoer vir mediese behandeling.
Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag het adjudant-offisier Mmako Mophiring gesê.



