Baba se ouers gesoek na buitelandse vrou in VS vasgetrek word vir moontlike kinderhandel

Enigiemand met inligting oor ’n vermiste baba, of wat glo dat die kind aan hulle behoort is gevra om dringend die polisie te kontak en sal stawende dokumente van die ouers vereis word.

Die polisie se Phuthaditjhaba Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (FCS) ondersoek ’n saak van moontlike kinderhandel ná die inhegtenisneming van ’n 21-jarige buitelandse vrou.

Die verdagte is by die Setsing-kompleks in hegtenis geneem nadat sy betrap is terwyl sy na bewering skryfbehoeftes gesteel het. Tydens haar aanhouding het die onbeheerste gehuil van ’n baba in haar sorg egter agterdog by twee polisiebeamptes gewek.

Die verdagte is ondervra oor die biologiese ma van die baba, maar haar antwoorde was onbevredigend en teenstrydig. Haar verduideliking het die polisie genoop om die beweerde vader van die kind te kontak, maar dit is later vasgestel dat hy nie die biologiese ouer is nie.

Die Phuthaditjhaba FCS-eenheid is vervolgens betrek, saam met amptenare van die Departemente van Binnelandse Sake en Maatskaplike Ontwikkeling. Die baba is uit die verdagte se sorg verwyder en in ’n plek van veiligheid geplaas, terwyl ondersoek gedoen word om die biologiese ouers van die kind op te spoor.

Enigiemand met inligting oor ’n vermiste baba, of wat glo dat die kind aan hulle behoort, word versoek om die Phuthaditjhaba FCS-eenheid se speur-luitenant-kolonel Jwalane Rasunyane, te skakel by 079 890 0383, of Crime Stop by 08600 10111. Toepaslike stawende dokumente sal vereis word, sê sersant Mmako Mophiring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button