Local newsNews

95% van ouers ervaar finansiële druk met kinders wat moet terug skool toe

Om kinders skool toe te stuur, bring kostes mee wat baie gesinne diep raak, selfs waar geen-fooiskole en beurse beskikbaar is. Daarom is dit belangrik dat ouers en versorgers hul geld deur die jaar deeglik beplan.

Terwyl gesinne voorberei vir die 2026 akademiese jaar, is dit ook ‘n tyd van groot finansiële druk en bekommernis vir ouers, ten spyte van oënskynlik beter begrotingsbestuur wat in huishoudings geien word. 1Life Insurance se jaarlikse Terug-skool-toe-opname het gewys dat ‘n oorweldigende 95% van respondente erken dat terug-skool-toe-voorbereidings stresvol is.

Die opname het gewys dat:

    • Skooldrag en skoolfooie bly die duurste items vir 62% van respondente (af van 75% in die 2025-opname).
    • Vir 28% van respondente was skryfbehoeftes die duurste.
    • Stygende kostes vir noodsaaklikhede soos vervoer, kos en skryfbehoeftes beteken dat 70% van gesinne meer bestee het in die 2025 akademiese jaar as in die vorige jaar.

  •  Tekens van veerkragtigheid en aanpassing te midde van ekonomiese druk

  • 28% het verbeterings in hul begrotingsbestuur teenoor die vorige jaar gerapporteer.
  • 45% het vertroue uitgespreek in hul vermoë om hul kinders se onderwys oor die volgende twee jaar te kan bekostig. Hierdie bevindings beklemtoon die proaktiewe maatreëls wat gesinne tref om stygende lewenskostes te hanteer. “Al bly die terug-skool-toe-seisoen ‘n finansiële en emosionele struikelblok vir baie gesinne, toon vanjaar se opnamedata bemoedigende tekens van veerkragtigheid.
  • Ouers vind kreatiewe maniere om kostes te bestuur en onderwys te prioritiseer, selfs te midde van stygende lewenskostes. Hierdie aanpasbaarheid getuig van hul toewyding aan hul kinders se toekoms,” sê Hayley Parry, Geldafrigter en Fasiliteerder by 1Life se Truth About Money. Parry voeg ook enkele belangrike oorwegings vir ouers by terwyl hulle die onderwysreis saam met hul kinders voortsit.
  • “Deur huishoudelike uitgawes te verstaan, te weet wat werklik bekostigbaar is, en finansiële ondersteuning te vra waar dit beskikbaar is, kan gesinne onnodige skuld en stres vermy. Vooruitbeplanning, insluitend tydige skoolaansoeke, help om te verseker dat kinders in skole geplaas word wat gesinne realisties kan bekostig, sonder om reeds beperkte huishoudelike begrotings verder onder druk te plaas,” sê Parry.
Skool toe foto slegs ter illustrasie
Foto slegs ter illustrasie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button